Die volgende kursusse is beskikbaar op THABA KAMP:

Verkenners

KURSUS
Kenteken 1
Kenteken 2
(beperkings, indien enige)
GR FOOI BESKRYWING
VELDONTDEKKERS
Veldstudie
Kamplewe
8 R920.00 Ontdek die veld deur ervaring. Leer die veld ken soos nog nooit te
vore nie. Jy sal nooit weer bang wees vir wat die veld kan oplewer
nie.
JAGTERS
Jag en Wildbeheer
Boogskiet
8 R920.00 Leer in hierdie kursus van jagtegnieke, wildbeheermetodes en talle
ander vaardighede op hierdie gebied. Na hierdie kursus het jy ook
eerstehandse ervaring van boogskiet en boogjag.
BITTEREINDERS
Veldvernuf
Paraatheid
9 R940.00 Hierdie kursus is aangepas om vir jou ’n oorlewingservaring te gee
soos min. Jy leer nie net oorlewingsvaardighede nie, jy ervaar dit! En
natuurlik is selfbeveiliging in ramp/noodsituasies deel van oorlewing.
NOODWERKERS
Nuwe Veldredding SO
Kaart-satelietkompas
9 R940.00 Soek en redding is ‘n noodsaaklik vaardigheid vir veldmense soos
ons. Pak en dra van rugsakke, kaartlees, touwerk, radiospraak, en
noodhulp is noodsaaklike vaardighede vir ‘n noodwerker.
Samewerking met ander organisasies en ‘n lewensgetroue oefening
maak hierdie kursus een groot avontuur.
BRANDWAGTE
Kampbeveiliging
Radiospraak
10 R960.00 Rampbestuur, radiospraak, selfverdediging, gebeurlikheidsbeplanning en
noodhulp – alles deel van die Brandwagte ervaring, wat
terselfdertyd ’n noodsaaklike diens aan die kamp lewer. Enig in sy
soort, waar rondsit en niksdoen nie bestaan nie… Brandwagte
moet voor 09:00 op Maandag, 2 April aanmeld.
VELDWAGTERS
Veldwagter
Radiospraak
10 R960.00 Die veldwagter leer om wild in sy habitant te ken, te verstaan en te
beskerm. Terselfdertyd is die veldwagter in staat om wildstroping te
identifiseer en per radio hulp te ontbied. Die veldwagter leer om die
veld te ken en gemaklik en veilig daarin te leef. Veldwagters moet
voor 09:00 op Maandag, 2 April aanmeld.
PADVINDERS
Veld Selfbehoud
Waardes
11 R980.00 Thaba se unieke Padvinderkursus help die Verkenner om hom- /
haarself te leer ken onder omstandighede waar die ware self na vore
kom. Professioneel gefasiliteer deur spesialiste het die Padvinders ’n
onvergeetlike leerervaring. Geen liggaamlike of geestelike aftakeling
word enigsins toegepas nie. Maar jy moet besef – Thaba Padvinders
is enig en die beste in sy soort. Padvinders moet voor 09:00 op
Maandag, 2 April aanmeld.
RIGTERS
Dienaar-Leier
Burgerskap
(slegs per uitnodiging)
12 R980.00 Vaardighede wat tydens die vorige kursusse opgedoen is, sowel as
addisionele lewensvaardighede, word bevestig en afgerond. ‘n
Heerlike ervaring wag op hulle wat baie hard daarvoor gewerk het.
Rigters moet voor 09:00 op Maandag, 2 April aanmeld.
KOMMUNIKATOR
Kommunikasie
Joernalistiek
10
11
12
R825.00 Op versoek (uitsonderlike gevalle) word die hierdie kursus dmv
indiensopleiding aangebied.
ASST-VELDWAGMEESTER
Nutsman
10
11
12
R825.00 Op versoek (uitsonderlike gevalle) word die hierdie kursus dmv
indiensopleiding aangebied.

VOLWASSENES

KURSUS / FUNKSIE FOOI BESKRYWING
RAAKVATTERKURSUS R790.00 Die span-hanteringkursus, tesame met die algemene veldvaardighede
soos kaart en kompas, touwerk, skuilingbou, seremonies en mentorskap
word aangebied. Die kursus is ontwikkel vir nuwe Verkenner spanoffisiere,
sowel as ervare offisiere wat meer wil leer oor die aanbieding van
vaardighede vir Verkenners.
MENTOR of
INSTRUKTEUR
R750.00 ‘n Mentor is gewoonlik ‘n jonger volwassene wat ‘n span van sowat 10
Verkenners lei, begelei, fasiliteer en mentor in die aanleer van die
kursusvaardighede, mensvaardighede en Thaba se waardestelsel.
‘n Instrukteur is gewoonlik ‘n veldkenner en/of gevestigde volwassene wat
as vakspesialiste die kursusleier bystaan in kennis- en vaardigheidsoordrag.
‘n Mentor/instrukteur kies gewoonlik die kursus om by in te skakel, maar
kan gevra word om by ‘n ander kursus diens te doen. Padvinder- en Rigter
mentors/instrukteurs word genooi om aan die kursusse deel te neem.
VELDWAGMEESTER R635.00 ‘n Veldwagmeester hou die kamp se infrastruktuur in stand en lewer
logistieke steun aan kursusse in die veld.
KOMMUNIKATOR R750.00 ‘n Kommunikator kommunikeer kampaktiwiteite deur middel van foto’s
videos en “nuusberigte” na alle kampgangers en dra die beeld van die
kamp uit na buite deur sosiale media. ‘n Kommunikator tree ook op as
skakelbeampte vir die kamp.
NOODHULPBEAMPTE R750.00 Die Noodhulpbeampte (“Medic”) is ‘n opgeleide
mediese/paramediese/noodmediese persoon wat noodgevalle stabiliseer,
sowel as ligte beserings behandel en geringe klagtes hanteer.
SJEF R330.00 ‘n Sjef berei maaltye voor onder leiding van die kampspysenier.
Grootmaat voedselvoorbereiding in ‘n goed-toegeruste, semi-primitiewe
kombuis lei tot ‘n onvergeetlike ervaring
KLEUTER Gratis Kinders tot en met Gr R. (ontvang nie ‘n t-hemp nie)
LAERSKOOLKIND R330.00 Kinders Gr 1 tot en met Gr 7. (T-hemp ingesluit)

 

Betalings aan Thaba Kamp moet gemaak word by:

Bank:
Rekeningtipe:
Rekeningnommer:
Tak:
Verwysing:
ABSA
Tjekrekening
310 157 287
Wierdapark (336 345) vir kontantdeposito’s OF Internettak (632 005) vir elektroniese oorbetalings
Gebruik asseblief die primêre kontakpersoon se naam en van as verwysing

Bewys van betalings moet asseblief aan finansies@thabakamp.co.za gestuur word.